Besproeiingsontwerper DEC 2023 – Wynland Besproeiing

ONS KULTUUR

Wynland Besproeiing is gestig in 1987 en bedryf ‘n Klein Handel onderneming in Montagu. Ons kliënte is ons grootste bate en dus streef ons daarna om hulle na die beste van ons vermoë te bedien. Ons is opsoek na ‘n toegewyde en passievolle kandidaat om saam met ons die landbousektor in Besproeiing te dien.

VERANTWOORDELIKHEDE

  • Die opmeet van terrein en kartering daarvolgens
  • Die ontwerp van besproeiingstelsels, pyplyne en pompkamers volgends SABI normes
  • Opstel van hoeveelheidslyste en administrasie daarvan
  • Kliëntediens en administrasie van kliënteleêr
  • Die GPS uitpen van besproeiingstelsels en pyplyne
  • Verskaf hulp met die installering van besproeiingstelsels
  • Foutnasporing, diens en herstel van besproeiingstelsels

Full Details | Volle Besonderhede